Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bees (Bos taurus)
Bees [boodskap #132944] Wo, 19 Augustus 2020 13:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Bees.
'n Bees.
'n Bees is 'n herkouende soogdier (Bos taurus van die onderfamilie Bovinae, waartoe ook die buffels behoort, van die familie Bovidae) met gesplete hoewe en plat voorkop. Word deur die mens aangehou om sy melk, vleis, vel en as trekdier. Deur selektiewe teling is rasse veredel, bv. die Friesbees en die korthoring, vir een of ander van die doeleindes, veral e.g. twee; maar in Oos-Europa en Afrika is daar nog ou landrasse wat nie so veredel is nie, bv. die Betsjoeana-Batawana of sangabeesras wat afstam van die zeboeras een die Zoeloebees. Uit die laaglandras van die Noord-Duitse laagvlakte het rasse soos die Nederlandse Friesbees, die Switserse Zimmenthaler en die Engelse korthoring ontstaan. In die suidoostelike hoek van die Middellandse See was die stepperas waaruit o.a. die Skotse Hooglandras, die Asiatiese zeboeras, die sangas (Watussibees) van Afrika en die Spaanse en Franse vegbeeste, wat vir stiergevegte gebruik word, ontstaan het. Na gemeen word, het die laaglandras sowel as die stepperas ontstaan uit die oeros en die dwerg-oeros. Die oeros (Bos primigenius), in 600 n.C. reeds 'n beskermde dier in Europa, was 'n taamlike swaar, sterkgeboude dier (ca. 9 vt. lank en 5vt. 9 dm. hoog). Die bulle was swartbruin, die koeie rooibruin met 'n rooiagtige streep op die middel van die rug af. Die laaste is in 1927 in Pole dood. Die dwerg-oeros het ook so gelyk, maar was kleiner.

Die zeboes of bultbeeste, wat voor op die rug 'n vetbult het, word al meer as 6000 jaar as huisdiere in Suid- en Oos-Asië aangehou.

In Tibet en Sjina leef, sowel wild as gedomestiseer, die jak (Poëphagus grunnicus) of brombees, met wyd uitstaande horings en lang hare wat byna tot op die grond hang.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beer
Volgende onderwerp: Beeskloutjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:12:59 MGT 2024