Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beer
Beer [boodskap #132943] Wo, 19 Augustus 2020 13:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Bruinbeer met twee welpies.
'n Bruinbeer met twee welpies.
'n Beer is 'n sterk soogdier van die familie Ursidae met kragtige pote en 'n dik, harige vel. Die Europese bruinbeer (Ursus arctos arctos) weeg van 700 tot 840 lb.; die grysbeer (U. a. horribilis) van Amerika is besonder kwaai. Die meeste bere kan bome klim, regop staan en maande lank sonder kos slaap; hulle hou van heuning, veral die Maleise beer of heuningbeer (Helarctos malayanus). Bere lewe meestal van groente, bessies, ens., sowel as vleis; maar die ysbeer (Thalarctos maritimus) lewe net van vis en vleis, het 'n besonder lang nek en is 'n uitstekende swemmer.

Beergevegte was eertyds 'n gewilde maar wrede sport in Engeland en elders, waarin honde teen 'n vasgekettingde beer of 'n beer in 'n put geveg het. Dit was 'n algemene tydverdryf van die 12de tot die 17de eeu, maar beergevegte is in 1835 in Engeland verbied.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Deen
Volgende onderwerp: Bees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:51:16 MGT 2024