| skroewedraaier [boodskap #132701] |
Do., 13 Augustus 2020 07:36 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Skroewedraaier.
skroewedraaier
Afbreking: skroe•we•draai•er
Samestelling: skroewe + draaier
Selfstandige naamwoord: skroewedraaier
Meervoud: skroewedraaiers
Verkleinwoord: skroewedraaiertjie
Meervoud van verkleining: skroewedraaiertjies
Betekenis:
• Gereedskap waarmee skroewe vas of los gedraai word.
Gebruik:
• Draai die skroewedraaier se handvatsel kloksgewys om vas te draai, en anti-kloksgewys om los te draai.
Wisselvorm:
• skroefdraaier
Hiponiem:
• platpuntskroewedraaier
• sterskroewedraaier
Vertaling:
Engels: screwdriver
Nederlands: schroevendraaier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|