Leksikograaf Boodskappe: 26533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Swamme.mikologie
Afbreking: mi•ko•lo•gie
Selfstandige naamwoord: mikologie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die wetenskaplike studie van swamme (skimmels).
Gebruik:
• Die biologiese vakgebied wat swamme bestudeer, heet mikologie en word dikwels as 'n vertakking van plantkunde beskou, hoewel swamme geneties nader aan diere as aan plante verwant is.