Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Koos Doep se "Wie weet..."
Koos Doep se "Wie weet..." [boodskap #61677] Di, 07 Mei 2002 19:51 na volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
Ek sien Koos Doep se naam en is op soek na die CD/album wat sy weergawe van
"Wie weet" op het (as jy dit digitaal beskikbaar het, laat weet ook maar).
Enige iemand - enige idees? Ek weet Annelie van Rooyen sing dit ook, maar
Koos mag maar...
Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100188 is 'n antwoord op boodskap #61677] Ma, 08 November 2004 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nog steeds opsoek na Koos du Plessis se weergawe van "Wie weet" (die
temaliedjie van destyds se Jopie Adam reeks). As enige iemand weet waar ek
dit dalk in die hande kan kry, sal dit sommer baie, baie waardeer word!

Groete
Basjan
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100189 is 'n antwoord op boodskap #100188] Ma, 08 November 2004 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
CDEMIM108 2004 EMI
So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later

Miskien moet jy maar die "CD" koop?
www.lookandlisten.co.za
www.cdwherehouse.co.za
www.kalahari.net
of by:
www.musica.co.za
en hier is ook 'n klankie:
www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf

en die woorde hier:
www.gipsie.co.za/Lyrics/Koosdup/wieweet.htm

:-)

TJ

"Basjan" skryf in boodskap news:cmnk8i$6bl$1@solaris.cc.vt.edu...
> Ek is nog steeds opsoek na Koos du Plessis se weergawe van "Wie weet" (die
> temaliedjie van destyds se Jopie Adam reeks). As enige iemand weet waar ek
> dit dalk in die hande kan kry, sal dit sommer baie, baie waardeer word!
>
> Groete
>
> Basjan
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100195 is 'n antwoord op boodskap #100189] Ma, 08 November 2004 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Groot was my teleurstelling toe ek 'n kort tydjie gelede agtergekom het dat
"Wie weet" 'n vertaling was van 'n Engelse liedjie! Ek het nooit geweet dat
Koos Dup ook ala Bridges, liedjies vertaal het nie...

Dis nou as die Engelse nie Koos se liedjie vertaal het nie... Alles is
moontlik!

"TJ" skryf in boodskap news:cmnm1s$ct1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
> CDEMIM108 2004 EMI
> So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
>
> Miskien moet jy maar die "CD" koop?
> www.lookandlisten.co.za
> www.cdwherehouse.co.za
> www.kalahari.net
> of by:
> www.musica.co.za
> en hier is ook 'n klankie:
> www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf
>
> en die woorde hier:
> www.gipsie.co.za/Lyrics/Koosdup/wieweet.htm
>
>
> :-)
>
> TJ
>
>
> "Basjan" skryf in boodskap news:cmnk8i$6bl$1@solaris.cc.vt.edu...
>> Ek is nog steeds opsoek na Koos du Plessis se weergawe van "Wie weet" (die
>> temaliedjie van destyds se Jopie Adam reeks). As enige iemand weet waar ek
>> dit dalk in die hande kan kry, sal dit sommer baie, baie waardeer word!
>>
>> Groete
>>
>> Basjan
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100197 is 'n antwoord op boodskap #100189] Ma, 08 November 2004 20:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Nov 2004 13:41:45 +0200, "TJ" wrote:
> en hier is ook 'n klankie:
> www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf
>

> :-)
>
> TJ
>

Wie sing daar wat en waar, TJ?
Laurika Rauch?
Gee bietjie meer inligting asseblief
sodat een of ander platewinkel môre kan
'n paar rand maak. Is dit op LP of Seven Single?

DD
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100202 is 'n antwoord op boodskap #100197] Di, 09 November 2004 04:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.

Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...

:-)

TJ

"DD" skryf in boodskap news:c4lvo0ldcalel75bmbmdr95s3r8bc6n48l@4ax.com...
> On Mon, 8 Nov 2004 13:41:45 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>
>> en hier is ook 'n klankie:
>> www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf
>>
>
>> :-)
>>
>> TJ
>>
>
>
> Wie sing daar wat en waar, TJ?
> Laurika Rauch?
> Gee bietjie meer inligting asseblief
> sodat een of ander platewinkel môre kan
> 'n paar rand maak. Is dit op LP of Seven Single?
>
> DD
>
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100204 is 'n antwoord op boodskap #100202] Di, 09 November 2004 04:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 9 Nov 2004 06:10:58 +0200, "TJ" wrote:
> Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.
>
> Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...
>
> :-)
>
> TJ
>

dìt het ek raakgesien, en selfs gewonder of dit hulle is, maar waar sê
jy dat dit uit 'n snit van hulle is?
Nòu het ek my behòòrlik gewìp!!!

DD

miskien sal hulle vandag nòg 'n CD verkoop
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100205 is 'n antwoord op boodskap #100204] Di, 09 November 2004 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Nov 2004 06:29:46 +0200, DD wrote:

> On Tue, 9 Nov 2004 06:10:58 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>> Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.

>> Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...

>> :-)

>> TJ

>
>
> dìt het ek raakgesien, en selfs gewonder of dit hulle is, maar waar sê
> jy dat dit uit 'n snit van hulle is?
> Nòu het ek my behòòrlik gewìp!!!
>
> DD
>
> miskien sal hulle vandag nòg 'n CD verkoop
>

ô ô, jy sê tog so. Skuus man:-)

DD
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100209 is 'n antwoord op boodskap #100195] Di, 09 November 2004 06:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet jy navorsing doen oor Afrikaanse liedjies en ek sal nie verbaas
wees as 90%+ op oorsese wysies geskryf is nie.

"Max" skryf in boodskap news:418f9510$0$36860$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Groot was my teleurstelling toe ek 'n kort tydjie gelede agtergekom het
> dat
> "Wie weet" 'n vertaling was van 'n Engelse liedjie! Ek het nooit geweet
> dat
> Koos Dup ook ala Bridges, liedjies vertaal het nie...
>
> Dis nou as die Engelse nie Koos se liedjie vertaal het nie... Alles is
> moontlik!
>
>
> "TJ" wrote in message
> news:cmnm1s$ct1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
>> CDEMIM108 2004 EMI
>> So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100225 is 'n antwoord op boodskap #100209] Di, 09 November 2004 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 9 Nov 2004 08:05:17 +0200, "Suidwester" wrote:
>> "TJ" wrote in message
>> news:cmnm1s$ct1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
>>> CDEMIM108 2004 EMI
>>> So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
>

ek het toe die CD gekoop vandag. Ook nie vreemd dat ek gevra het of
dit Laurika Rauch is wat daar sing nie, want daar is 'n sterk
ooreenkoms tussen die stemme van haar en Karla Du Plessis.
Die laaste een by Game in die Pavilion gewees. Dankie JP,
al is daar een lied van Hofmeyr op, was dit steeds 'n goeie koop.

DD
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100228 is 'n antwoord op boodskap #100205] Di, 09 November 2004 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit is my vermoede, dat hierdie lied vertaal is deur iemand anders en deur
Koos gesing is vir die "vertaalde" Grisly Adams stories. Koos was 'n
"singer-songwriter" en sou so-iets net as 'n opdragwerk gedoen het.

Ek kan geen snitte op enige van sy 4 CD's raakloop waar hy hierdie sing nie,
slegs die een van Karla saam met Theuns Jordaan

Soois
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100257 is 'n antwoord op boodskap #100225] Do, 11 November 2004 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> ek het toe die CD gekoop vandag. Ook nie vreemd dat ek gevra het of
> dit Laurika Rauch is wat daar sing nie, want daar is 'n sterk
> ooreenkoms tussen die stemme van haar en Karla Du Plessis.

Daar is wel geen ooreenkoms tussen die twee se agterstewe nie. Karla is 'n
peach.
Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #120198 is 'n antwoord op boodskap #100188] Vr, 05 September 2014 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pavlosm...  is tans af-lyn  pavlosm...
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 2014
Karma: 0
Junior Lid
Dag Basjan

Indien jy nog daai liedjie soek is hierdie jou gelukkige dag. Het jou frustrasie so paar jaar terug deurgegaan.

Pie...@mighty.co.za
Pierre
Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #120268 is 'n antwoord op boodskap #120198] So, 31 Januarie 2016 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
stryd...  is tans af-lyn  stryd...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2016
Karma: 0
Junior Lid
Het iemand die weergawe van Koos Doep se "Wie weet.." Temalied van Jooie Adam wat hy self sing?
Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #120325 is 'n antwoord op boodskap #100188] Sa, 03 Desember 2016 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jjwes...  is tans af-lyn  jjwes...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2016
Karma: 0
Junior Lid
Ek soek dit ook. Kon jy dit al kry?
Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #120329 is 'n antwoord op boodskap #120198] Vr, 24 Februarie 2017 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Goldstuck  is tans af-lyn  Arthur Goldstuck
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hi Ouens.

Ek is is ook hard opsoek na hierdie pragtige lied. Enige hulp of raad ?
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #127149 is 'n antwoord op boodskap #100195] So, 14 Julie 2019 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bekkerf7  is tans af-lyn  bekkerf7
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2019
Karma: 0
Junior Lid
Die wysie was van die oorspronklike lied van Grisley Adams. Dis toe net in Afr vertaal vir Jopie Adam. Ek wens ook ek kan Koos se weergawe (wat iewers moet wees) kry.

Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #131623 is 'n antwoord op boodskap #61677] Vr, 29 Mei 2020 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rianacjvr  is tans af-lyn  rianacjvr
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2020
Karma: 0
Junior Lid
Hoekom kry ons nie die oorspronklike liedjies van Koos du Plessis waar hyself dit sing nie o.a. Gebed en wie weet ...ek het 'n probleem daarmee

Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #132444 is 'n antwoord op boodskap #100188] Sa, 18 Julie 2020 15:13 Na vorige boodskap
patterh  is tans af-lyn  patterh
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2020
Karma: 0
Junior Lid
Die posts hierbo het my laat gaan soek. Ek kon nie die oorspronklike Koos du Plessis opname van Wie Weet kry nie (dis seker in die SAUK argiewe in Johannesburg), maar die feit dat dit lirieke is wat by 'n bestaande wysie gesit is, het my laat wonder oor die oorspronklike lirieke. Dis heel anders as Koos du Plessis s'n. Mooi, relevant, veral in vandag se wêreld van omgewings vernietiging en globale verwarming, maar Koos du Plessis se lirieke het net 'n diepte, 'n mistiek, 'n aardsreuk, 'n ontvlugting wat nie in die oorspronklike is nie.

Maybe (Thom Pace)

Deep inside the forest
Is a door into another land
Here is our life and home
We are staying
Here forever
In the beauty of this place
All alone, we keep on hoping…

Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home

Walking through a land
Where every living thing is beautiful
Why does it have to end?
We are calling
All so sadly on the whispers
Of the wind
As we send
A dying message

Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home


Wie weet (Koos du Plessis)

Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort to ‘n vergete land
Waar ons stil dae slyt
Leef en droom
En swyend luister
Na die voetval van die tyd
Teen skemeraand
As hoop weer fluister

Wie weet
Iewers is daar dalk ‘n land van rus, en
Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam

Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort na ‘n vergete land
‘n Eden half voltooi
Half gevul
Deur alle vrede
Waar die son nog skaars kan roep
Kom kniel en buig
Voor half gebede

Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam

Vorige onderwerp: Afrikaanse Radio?
Volgende onderwerp: Ken Jy Die Land
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:50:00 MGT 2024