Koos Doep se "Wie weet..." [boodskap #61677] |
Tue, 07 May 2002 19:51 |
Basjan
Boodskappe: 71 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek sien Koos Doep se naam en is op soek na die CD/album wat sy weergawe van
"Wie weet" op het (as jy dit digitaal beskikbaar het, laat weet ook maar).
Enige iemand - enige idees? Ek weet Annelie van Rooyen sing dit ook, maar
Koos mag maar...
|
|
|
Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100188 is 'n antwoord op boodskap #61677] |
Mon, 08 November 2004 11:08 |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek is nog steeds opsoek na Koos du Plessis se weergawe van "Wie weet" (die
temaliedjie van destyds se Jopie Adam reeks). As enige iemand weet waar ek
dit dalk in die hande kan kry, sal dit sommer baie, baie waardeer word!
Groete
Basjan
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100189 is 'n antwoord op boodskap #100188] |
Mon, 08 November 2004 11:41 |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: January 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
CDEMIM108 2004 EMI
So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
Miskien moet jy maar die "CD" koop?
www.lookandlisten.co.za
www.cdwherehouse.co.za
www.kalahari.net
of by:
www.musica.co.za
en hier is ook 'n klankie:
www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf
en die woorde hier:
www.gipsie.co.za/Lyrics/Koosdup/wieweet.htm
:-)
TJ
"Basjan" skryf in boodskap news:cmnk8i$6bl$1@solaris.cc.vt.edu...
> Ek is nog steeds opsoek na Koos du Plessis se weergawe van "Wie weet" (die
> temaliedjie van destyds se Jopie Adam reeks). As enige iemand weet waar ek
> dit dalk in die hande kan kry, sal dit sommer baie, baie waardeer word!
>
> Groete
>
> Basjan
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100195 is 'n antwoord op boodskap #100189] |
Mon, 08 November 2004 15:46 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Groot was my teleurstelling toe ek 'n kort tydjie gelede agtergekom het dat
"Wie weet" 'n vertaling was van 'n Engelse liedjie! Ek het nooit geweet dat
Koos Dup ook ala Bridges, liedjies vertaal het nie...
Dis nou as die Engelse nie Koos se liedjie vertaal het nie... Alles is
moontlik!
"TJ" skryf in boodskap news:cmnm1s$ct1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
> CDEMIM108 2004 EMI
> So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
>
> Miskien moet jy maar die "CD" koop?
> www.lookandlisten.co.za
> www.cdwherehouse.co.za
> www.kalahari.net
> of by:
> www.musica.co.za
> en hier is ook 'n klankie:
> www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf
>
> en die woorde hier:
> www.gipsie.co.za/Lyrics/Koosdup/wieweet.htm
>
>
> :-)
>
> TJ
>
>
> "Basjan" skryf in boodskap news:cmnk8i$6bl$1@solaris.cc.vt.edu...
>> Ek is nog steeds opsoek na Koos du Plessis se weergawe van "Wie weet" (die
>> temaliedjie van destyds se Jopie Adam reeks). As enige iemand weet waar ek
>> dit dalk in die hande kan kry, sal dit sommer baie, baie waardeer word!
>>
>> Groete
>>
>> Basjan
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100197 is 'n antwoord op boodskap #100189] |
Mon, 08 November 2004 20:21 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 8 Nov 2004 13:41:45 +0200, "TJ" wrote:
> en hier is ook 'n klankie:
> www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf
>
> :-)
>
> TJ
>
Wie sing daar wat en waar, TJ?
Laurika Rauch?
Gee bietjie meer inligting asseblief
sodat een of ander platewinkel môre kan
'n paar rand maak. Is dit op LP of Seven Single?
DD
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100202 is 'n antwoord op boodskap #100197] |
Tue, 09 November 2004 04:10 |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: January 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.
Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...
:-)
TJ
"DD" skryf in boodskap news:c4lvo0ldcalel75bmbmdr95s3r8bc6n48l@4ax.com...
> On Mon, 8 Nov 2004 13:41:45 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>
>> en hier is ook 'n klankie:
>> www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09. asf
>>
>
>> :-)
>>
>> TJ
>>
>
>
> Wie sing daar wat en waar, TJ?
> Laurika Rauch?
> Gee bietjie meer inligting asseblief
> sodat een of ander platewinkel môre kan
> 'n paar rand maak. Is dit op LP of Seven Single?
>
> DD
>
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100204 is 'n antwoord op boodskap #100202] |
Tue, 09 November 2004 04:29 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 9 Nov 2004 06:10:58 +0200, "TJ" wrote:
> Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.
>
> Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...
>
> :-)
>
> TJ
>
dìt het ek raakgesien, en selfs gewonder of dit hulle is, maar waar sê
jy dat dit uit 'n snit van hulle is?
Nòu het ek my behòòrlik gewìp!!!
DD
miskien sal hulle vandag nòg 'n CD verkoop
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100205 is 'n antwoord op boodskap #100204] |
Tue, 09 November 2004 04:33 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 09 Nov 2004 06:29:46 +0200, DD wrote:
> On Tue, 9 Nov 2004 06:10:58 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>> Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.
>> Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...
>> :-)
>> TJ
>
>
> dìt het ek raakgesien, en selfs gewonder of dit hulle is, maar waar sê
> jy dat dit uit 'n snit van hulle is?
> Nòu het ek my behòòrlik gewìp!!!
>
> DD
>
> miskien sal hulle vandag nòg 'n CD verkoop
>
ô ô, jy sê tog so. Skuus man:-)
DD
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100209 is 'n antwoord op boodskap #100195] |
Tue, 09 November 2004 06:05 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Miskien moet jy navorsing doen oor Afrikaanse liedjies en ek sal nie verbaas
wees as 90%+ op oorsese wysies geskryf is nie.
"Max" skryf in boodskap news:418f9510$0$36860$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Groot was my teleurstelling toe ek 'n kort tydjie gelede agtergekom het
> dat
> "Wie weet" 'n vertaling was van 'n Engelse liedjie! Ek het nooit geweet
> dat
> Koos Dup ook ala Bridges, liedjies vertaal het nie...
>
> Dis nou as die Engelse nie Koos se liedjie vertaal het nie... Alles is
> moontlik!
>
>
> "TJ" wrote in message
> news:cmnm1s$ct1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
>> CDEMIM108 2004 EMI
>> So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100225 is 'n antwoord op boodskap #100209] |
Tue, 09 November 2004 18:20 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 9 Nov 2004 08:05:17 +0200, "Suidwester" wrote:
>> "TJ" wrote in message
>> news:cmnm1s$ct1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
>>> CDEMIM108 2004 EMI
>>> So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
>
ek het toe die CD gekoop vandag. Ook nie vreemd dat ek gevra het of
dit Laurika Rauch is wat daar sing nie, want daar is 'n sterk
ooreenkoms tussen die stemme van haar en Karla Du Plessis.
Die laaste een by Game in die Pavilion gewees. Dankie JP,
al is daar een lied van Hofmeyr op, was dit steeds 'n goeie koop.
DD
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100228 is 'n antwoord op boodskap #100205] |
Tue, 09 November 2004 20:07 |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit is my vermoede, dat hierdie lied vertaal is deur iemand anders en deur
Koos gesing is vir die "vertaalde" Grisly Adams stories. Koos was 'n
"singer-songwriter" en sou so-iets net as 'n opdragwerk gedoen het.
Ek kan geen snitte op enige van sy 4 CD's raakloop waar hy hierdie sing nie,
slegs die een van Karla saam met Theuns Jordaan
Soois
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #100257 is 'n antwoord op boodskap #100225] |
Thu, 11 November 2004 10:52 |
Spencer
Boodskappe: 214 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> ek het toe die CD gekoop vandag. Ook nie vreemd dat ek gevra het of
> dit Laurika Rauch is wat daar sing nie, want daar is 'n sterk
> ooreenkoms tussen die stemme van haar en Karla Du Plessis.
Daar is wel geen ooreenkoms tussen die twee se agterstewe nie. Karla is 'n
peach.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #132444 is 'n antwoord op boodskap #100188] |
Sat, 18 July 2020 15:13 |
patterh
Boodskappe: 1 Geregistreer: July 2020
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die posts hierbo het my laat gaan soek. Ek kon nie die oorspronklike Koos du Plessis opname van Wie Weet kry nie (dis seker in die SAUK argiewe in Johannesburg), maar die feit dat dit lirieke is wat by 'n bestaande wysie gesit is, het my laat wonder oor die oorspronklike lirieke. Dis heel anders as Koos du Plessis s'n. Mooi, relevant, veral in vandag se wêreld van omgewings vernietiging en globale verwarming, maar Koos du Plessis se lirieke het net 'n diepte, 'n mistiek, 'n aardsreuk, 'n ontvlugting wat nie in die oorspronklike is nie.
Maybe (Thom Pace)
Deep inside the forest
Is a door into another land
Here is our life and home
We are staying
Here forever
In the beauty of this place
All alone, we keep on hoping…
Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home
Walking through a land
Where every living thing is beautiful
Why does it have to end?
We are calling
All so sadly on the whispers
Of the wind
As we send
A dying message
Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home
Wie weet (Koos du Plessis)
Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort to ‘n vergete land
Waar ons stil dae slyt
Leef en droom
En swyend luister
Na die voetval van die tyd
Teen skemeraand
As hoop weer fluister
Wie weet
Iewers is daar dalk ‘n land van rus, en
Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam
Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort na ‘n vergete land
‘n Eden half voltooi
Half gevul
Deur alle vrede
Waar die son nog skaars kan roep
Kom kniel en buig
Voor half gebede
Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam
|
|
|