Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katel
katel [boodskap #132079] Sa., 11 Julie 2020 08:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Katels
Katels
katel
Afbreking: ka•tel


Selfstandige naamwoord: katel
Meervoud: katels
Verkleinwoord: kateltjie
Meervoud van verkleining: kateltjies

Betekenis:
• Raamwerk van hout of metaal vir 'n matras en beddegoed waarop geslaap word.

Gebruik:
• Sy moet nog haar katel vir die nag voorberei.
• Hy is reeds ter katel. [Hy het gaan slaap.]

Sinoniem:
• bed
• kooi

Hiponiem:
• houtkatel
• kampkatel
• voukatel
• ysterkatel

Afgelei:
• katelkaperjol
• katelknaap

Vertaling:
Engels: bedstead
Nederlands: kooi, bedstede

Nota:
• Van Portugees, catel, "bed". Oorspronklik van Tamil.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hede
Volgende onderwerp: ghaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 14:42:42 UTC 2025