| ghaap [boodskap #132080] |
Sa., 11 Julie 2020 09:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25925 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ghaap (H. gordonii)
ghaap
Afbreking: ghaap
Selfstandige naamwoord: ghaap
Meervoud: ghaaps, ghaape
Betekenis:
• 'n Blaarlose, eetbare vetplant van die Karoo, Hoodia gordonii, met 'n hongerstillende werking.
Gebruik:
• Die Khoi en die Boesmans het ghaap in tye van voedselskaarste gebruik om hulle eetlus te demp.
Vertaling:
Engels: hoodia, ghaap
Nederlands: ghaap
Nota:
• Van Khoi ǁhoba (uitspraak: kǁʰɔbɑ; die eerste klank is 'n laterale kliek).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|