Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moetie
moetie [boodskap #131960] Sa., 04 Julie 2020 13:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moetie
Afbreking: moe•tie


Selfstandige naamwoord: moetie
Meervoud: moeties
Verkleinwoord: moetietjie
Meervoud van verkleining: moetietjies

Betekenis:
• Tradisionele medisyne wat deur gemeenskappe in Afrika voorberei en gebruik word.

Gebruik:
• Die gemeenskap is ontsteld nadat grafte geskend en lyke gemutileer is, vermoedelik om as moetie verkoop te word.

Afgelei:
• moetieman
• moetiemoord
• moeitiewinkel

Verwant:
• geneesmiddel
• medisyne
• medikasie

Vertaling:
Engels: muti, traditional medicine
Nederlands: traditionele geneesmiddelen

Nota:
• Van Zoeloe, umuthi, wat boom, plant of medikasie beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: radja
Volgende onderwerp: papaja
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jun. 17 17:27:59 UTC 2026