Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » planeet
planeet [boodskap #131840] So., 28 Junie 2020 08:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26913
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die vier aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars.
Die vier aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars.
planeet
Afbreking: pla•neet


Selfstandige naamwoord: planeet
Meervoud: planete
Verkleinwoord: planeetjie
Meervoud van verkleining: planeetjies

Betekenis:
• 'n Massiewe voorwerp wat om 'n ster wentel, deur sy eie swaartekrag gevorm is, nie kernversmelting ondergaan nie en sy wentelbaan van kleiner voorwerpe skoonvee.

Gebruik:
• Die planete is na Griekse en Romeinse gode vernoem, behalwe die aarde, wat antieke waarnemers as die middelpunt van die heelal beskou het.

Afgelei:
• aardplaneet
• dwergplaneet
• eksoplaneet
• gasplaneet
• planeetvorming

Hiperoniem:
• hemelbol
• hemelliggaam
• sfeer

Hiponiem:
• Mercurius
• Venus
• Aarde
• Mars
• Jupiter
• Saturnus
• Uranus
• Neptunus

Verwant:
• planetoïde
• planetestelsel

Vertaling:
Engels: planet
Nederlands: planeet

Nota:
• Afgelei van die Griekse woord πλανήτης, planētēs, wat swerweling beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paradys
Volgende onderwerp: aardplaneet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 24 02:36:36 UTC 2026