| oorgangsmetaal [boodskap #131741] |
So., 21 Junie 2020 20:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25925 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorgangsmetaal
Afbreking: oor•gangs•me•taal
Samestelling: oorgang + -s- + metaal
Selfstandige naamwoord: oorgangsmetaal
Meervoud: oorgangsmetale
Betekenis:
• 'n Element uit die d-blok van die periodieke tabel (kolomme 3 tot 12) waarvan die atoom of ten minste een van sy ione 'n onvolledig gevulde d-subskil het.
Gebruik:
• Yster is 'n oorgangsmetaal wat volop in die aardkors voorkom.
• Die oorgangsmetale word ingedeel in die 3d-reeks (skandium tot sink), die 4d-reeks (yttrium tot kadmium), die 5d-reeks (lantaan tot kwik) en die 6d-reeks (aktinium tot kopernikium).
Hiponiem:
• skandium
• titaan
• vanadium
• chroom
• mangaan
• yster
• kobalt
• nikkel
• koper
• sink
• yttrium
• sirkonium
• niobium
• molibdeen
• tegnesium
• rutenium
• rodium
• palladium
• silwer
• kadmium
• lantaan
• lutesium
• hafnium
• tantaal
• wolfram
• renium
• osmium
• iridium
• platinum
• goud
• kwik
• rutherfordium
• dubnium
• seaborgium
• bohrium
• hassium
• meitnerium
• darmstadtium
• röntgenium
• kopernikium
Vertaling:
Engels: transition metal
Nederlands: overgangsmetaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|