| praseodimium [boodskap #131676] |
Di., 16 Junie 2020 11:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
praseodimium
Afbreking: pra•se•o•di•mi•um
Selfstandige naamwoord: praseodimium
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Pr en atoomgetal 59.
Gebruik:
• Praseodimium is 'n seldsame aardmetaal wat sag, silwerwit, smeebaar en rekbaar is en oor besonderse magnetiese, elektriese, chemiese en optiese eienskappe beskik.
Afgelei:
• praseodimiumatoom
• praseodimiumhidroksied
• praseodimiumoksied
• praseodimiumverbinding
Vertaling:
Engels: praseodymium
Nederlands: praseodymium
Nota:
• Die naam praseodimium is 'n sametrekking van die Griekse woorde prasios ("groen") en didymos ("tweeling").
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|