| donkermaan [boodskap #131284] |
Vr., 15 Mei 2020 16:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
donkermaan
Afbreking: don•ker•maan
Samestelling: donker + maan
Selfstandige naamwoord: donkermaan
Meervoud: donkermane
Betekenis:
• Die maanfase wanneer die Maan heeltemal verduister is soos van die Aarde af gesien, omdat die son dit van agter af verlig.
Gebruik:
• Tydens donkermaan is dit snags baie donker en kan mens die melkweg duidelik sien.
• Donkermaan duur 1,5 tot 3,5 dae, na gelang van die presiese ligging van die Aarde en Son, en geskied 14¾ dae ná volmaan.
Sinoniem:
• nuwemaan
Antoniem:
• volmaan
Vertaling:
Engels: dark moon, new moon
Nederlands: nieuwe maan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|