Betekenis:
• (soogdier) Insektivoor met klein ogies en 'n spits neus wat tonnels in die grond grawe, Talpa europaea.
• (musiek) Musieknotasie wat 'n verlaging met een halwe toon aandui.
• (skeikunde) SI-eenheid vir die hoeveelheid materie in 'n stelsel wat ewe veel deeltjies as die atome in 12 gram koolstof-12 bevat.
• (figuurlik) 'n Persoon wat 'n organisasie infiltreer; spioen of verraaier.
Gebruik:
• 'n Mol is besig om ons eens pragtige grasperk om te dolwe.
• 'n Mol verlaag die toonhoogte van 'n noot met 'n halftoon.
• Die massa van 1 mol is vir al die elemente bekend en word dikwels in die periodieke tabel aangetoon.
• Ons het 'n mol in ons geledere.