Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » granaat
granaat [boodskap #130729] Do., 09 April 2020 11:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24215
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Granaat.
'n Granaat.
granaat
Afbreking: gra•naat
Uitspraak: /χraˈnɑːt/


Selfstandige naamwoord: granaat
Meervoud: granate
Verkleinwoord: granaatjie
Meervoud van verkleining: granaatjies

Betekenis:
• 'n Vrug met baie rooi pitte, Punica granatum.
• (krygskunde) Tipe bom wat met die hand of 'n werper gegooi word; handbom.
• (mineraal) ) Donkerrooi edelsteen; granaatsteen.

Gebruik:
Granate kom oorspronklik van Persië (vandag: Iran) en word al eeue lank rondom die Middellandse See verbou.
• Die soldaat trek die granaat se pennetjie uit en slinger dit na die vyand.
• 'n Granaat word as 'n halfedelsteen beskou omdat sy hardheid gewoonlik 7 (Mohs) of minder is.

Sinoniem:
• granaatappel

Afgelei:
• granaatbos
• granaatrooi
• granaatsteen
• granaatvuur
• granaatwerper
• blomgranaat
• eetgranaat
• rookgranaat
• skokgranaat

Vertaling:
Engels: pomegranate; grenade; garnet, Cape ruby
Nederlands: granaatappel
Zoeloe: ihananadi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rinkink
Volgende onderwerp: gruweldaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 27 09:36:07 UTC 2025