| rinkink [boodskap #130728] |
Do., 09 April 2020 09:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25985 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
rinkink
Afbreking: rin•kink
Werkwoord: rinkink
Verlede tyd: het gerinkink
Teenwoordige deelwoord: rinkinkend, rinkinkende
Betekenis:
• Om uitgelate te wees of uitbundig te speel en te baljaar.
Gebruik:
• Ons gaan die hele nag rinkink.
• Die kleinspan rinkink in die swembad.
Sinoniem:
• baljaar
• feesvier
• fuif
• jol
• kattemaai
• kerjakker
Afgelei:
• rinkinker
• rinkinkery
• rondrinkink
Vertaling:
Engels: to gallivant, jingle, gad about
Nederlands: rinkinken
Nota:
• 'n Klanknabootsende woord met die aanvanklike betekenis van glase wat rinkink, soos by 'n vrolike feesmaal. Later ontwikkel die betekenis van "geraas of lawaai maak".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|