Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ANC Uitreik na Afrikaners
ANC Uitreik na Afrikaners [boodskap #12871] |
Tue, 24 February 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jis Ouens
Die afgelope week is dit nuus dat die ANC 'n doelgerigte uitreik na
Afrikaners gaan loods, omdat hulle meen "die Afrikaner voel hy is 'n
vreemdeling in sy eie land". Nou is daar 'n geskarrel oor die spektrum heen.
'n Groep, die "Tussentydse Afrikanerberaad", bestaande uit 26
kultuurorganisasies is gestig om die ding te bekyk.
Sonder om politiek hiervan te maak, wat dink julle hiervan?
Wat is die motief? 'n Besef dat die Afrikaner te veel gemarginaliseer is oor
die afgelope paar jaar, en dat dit inherente gevare inhou vir die ekonomie,
ens. Of is dit sagmaak met die oog op die komende verkiesing?
Watter sake wat bloot Afrikanerkultuur affekteer behoort op die agenda te
wees wanneer die Groot Gesprek plaasvind? Ek kan dink aan die afskaling van
Afrikaans op TV, en 'n paar ander. Uit ondervinding weet ek dat Ferdi sterk
voel oor die aanslag op rugby.
Kan ons hoor, sonder te veel politiek, asb.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
|
|
|
|
|
|
Re: ANC Uitreik na Afrikaners [boodskap #12995 is 'n antwoord op boodskap #12871] |
Sun, 01 March 1998 00:00  |
chohne
Boodskappe: 19 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
doos@dop.dam wrote in message ...
> In article , a...@def.com says... (Snip)
> Daaglikse realiteite weerspreek bietjie die amptelike deuntjie in hierdie
> geval. Ek het groot waardering vir die feit dat dit wel gesê is dat ons
> ook hier hoort en 'n rol te speel het (ek het nog altyd self so gedink).
Wil met jou saamstem nieteenstaande jou "adres" hierbo. Let wel: *WIL*. Ek
mag nog my opinie stellig verander indien dit binnekort mag blyk dat dit
slegs 'n versuikerde bitter pil is.
>
> Intussen bly die gemiddelde manlike Afrikaner-werknemer se vooruitsigte
> op bevordering by sy huidige werkgewer, sowel as sy vooruitsigte op
> herindiensneming by 'n ander werkgewer, maar skraal.
Stem saam.
Aan die ander kant,
> dalk is lg. goed vir die ekonomie: kyk na die tempo waarteen bk's
> geregistreer word en mense vir hulleself begin werk, en dikwels beter
> doen as voorheen. Dalk 'n onbeplande ekonomiese gelukkie by die ongeluk ?
Kan nie saamstem nie. Registrasie van 'n BK beteken nie 'n suksesvolle
onderneming nie. Weet nou van 18 gevalle in my omgewing wat binne 6 maande
bankrot gespeel en in die proses al of die meeste van hul "pakketgeld"
verloor het.
> John
My raad aan die Afrikaner is: Wees versigtig vir die skielike
toegeneëntheid. Ons het geweet waar ons staan, maar nie nou meer nie.
Hoop net dat dit ons op die ou ent nie duur te staan gaan kom nie.
CH
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:00 UTC 2025
|