Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Korrelkop
Korrelkop [boodskap #12975] Sa., 28 Februarie 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Senior Lid
Interessant hoe die HAT gesuiwer is om meer politiek korrek te wees! (Of
meer Godvresend, soos Gloudina dit miskien sou stel.)

HAT (Derde uitgawe, 1994) sv. "korrelkop":

Rusiemakerige, opvlieënde persoon: skoorsoeker: /Dit moet swaar wees om met
so 'n korrelkop saam te lewe/.

V: /Die vrou het 'n goeie verstand gehad...maar die man was 'n regte
korrelkop en onbeskof/ (1Sam. 25:3 NV).

HAT (Tweede uitgawe, 1979) sv. "korrelkop":

1. Rusiemakerige,opvlieënde persoon; skoorsoeker.
2. Ook korreltjieskop, kop met bossies inmekaargedraaide hare
(peperkorrels) soos die van Bantoes e.a.; ook, iemand met sulke hare.

WAT gee ook albei betekenisse soos die ouer HAT - met, natuurlik, vele
voorbeelde uit die literatuur.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: WIT webblad
Volgende onderwerp: ANC Uitreik na Afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 09 16:56:51 UTC 2026