Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » syfer
syfer [boodskap #129203] So., 12 Januarie 2020 10:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
syfer
Afbreking: sy•fer
Uitspraak: /ˈsəi.fər/


Selfstandige naamwoord: syfer
Meervoud: syfers
Verkleinwoord: syfertjie
Meervoud van verkleining: syfertjies

Betekenis:
• (wiskunde) Een van die tekens wat gebruik word om getalle voor te stel.
• (gholf) Gemiddelde aantal houe vir 'n bepaalde putjie of die baan as 'n geheel.

Gebruik:
• Sudoku is 'n gewilde spel met syfers.
• Die derde putjie van die gholfbaan is 'n syfer 4.

Sinoniem:
• getalteken
• nommer

Hiponiem:
• misdaadsyfer
• moordsyfer
• slaagsyfer
• werkloosheidsyfer

Afgelei:
• syferkode

Vertaling:
Engels: digit, cipher
Nederlands: cijfer


Werkwoord: syfer
Verlede tyd: het gesyfer

Betekenis:
• Om stadig deur te loop; die proses waar 'n vloeistof deur die porieë van 'n vaste massa beweeg.

Gebruik:
• Die water syfer stadig deur die filter.

Sinoniem:
• sypel

Afgelei:
• syfergat

Vertaling:
Engels: to seep, filter, ooze
Nederlands: sijpelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swem
Volgende onderwerp: syne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 19 04:50:20 UTC 2025