Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stroom
stroom [boodskap #129187] Sa., 11 Januarie 2020 17:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stroompie.
'n Stroompie.
stroom
Afbreking: stroom


Selfstandige naamwoord: stroom
Meervoud: strome
Verkleinwoord: stroompie
Meervoud van verkleining: stroompies

Betekenis:
• 'n Kleinerige riviertjie.
• 'n Massa vloeistof (soos water) wat vloei.
• 'n Klomp mense of dinge wat in dieselfde rigting beweeg.
• 'n Elektriese stroom (vloei van elektrone).

Gebruik:
• Die perd drink water by die stoom.
• 'n Stroom het hom dieper in die see ingetrek.
• Hy loop teen die stroom in.
• Die sterkte van die stroom word met 'n ammeter gemeet.

Spreekwoord:
• As die stroom loop, moet jy skep. [Neem jou kanse waar terwyl hulle daar is.]
• Hy dryf met die stroom af. [Die algemene neiging, rigting volg.]
• Hy gaan met die stroom saam. [Met die meerderheid saamgaan.]
• Hy gaan teen die stroom in. [Die verloop van sake probeer keer.]

Afgelei:
• lugstroom
• rivierstroom
• seestroom

Afgelei:
• stroomaf
• stroombaan
• stroombreker
• stroomgebied
• stroomlewering
• stroommeter
• stroomonderbreking
• stroomop
• stroomsnelheid
• stroomspanning
• stroomsterkte
• stroomverbruik
• stroomversnelling

Vertaling:
Engels: stream, river; current
Nederlands: stroom


Werkwoord: stroom
Verlede tyd: het gestroom
Teenwoordige deelwoord: stromend, stromende
Verlede deelwoord: gestroomde

Betekenis:
• Om in 'n groot massa voort te beweeg (soos water of data wat vloei).
• Om saam met 'n groep mense of dinge in 'n rigting beweeg te gaan.

Gebruik:
• Die water stroom oor die dam se wal.
• Die mense het na die stadion gestroom om die wedstryd te sien.

Afgelei:
• stroming

Vertaling:
Engels: to stream, flow; to flock
Nederlands: stromen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stoom
Volgende onderwerp: stroop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 17 22:31:39 UTC 2025