Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rekord
rekord [boodskap #128967] Wo., 01 Januarie 2020 13:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26721
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
rekord
Afbreking: re•kord


Selfstandige naamwoord: rekord
Meervoud: rekords
Verkleinwoord: rekordjie
Meervoud van verkleining: rekordjies

Betekenis:
• Die inligting wat 'n mens oor iets of iemand versamel het.
• Die beste prestasie wat tot op 'n bepaalde tyd op 'n bepaalde gebied behaal is.
• (rekenaars) 'n Versameling data wat 'n logiese eenheid beskou word.

Gebruik:
• Dronkbestuur is 'n kriminele oortreding en dit word op jou rekord geplaas.
• Die atleet het 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord opgestel.
• Die kliënt se rekord word bygewerk om sy nuwe e-posadres te reflekteer.

Hiponiem:
• baanrekord
• datarekord
• fossielrekord
• hofrekord
• misdaadrekord
• polisierekord
• toerrekord
• wêreldrekord

Afgelei:
• rekorddoeleindes
• rekordhouding
• rekordhouer
• rekordklerk
• rekordsnelheid
• rekordspoed

Vertaling:
Engels: record
Nederlands: record

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rekening
Volgende onderwerp: renoster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 03 11:07:39 UTC 2026