| rekord [boodskap #128967] |
Wo., 01 Januarie 2020 13:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24150 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rekord
Afbreking: re•kord
Selfstandige naamwoord: rekord
Meervoud: rekords
Verkleinwoord: rekordjie
Meervoud van verkleining: rekordjies
Betekenis:
• Die beste prestasie op 'n sekere gebied (soos sport).
• Inligting wat 'n mens oor iets of iemand het.
• (rekenaarwetenskap) 'n Hoeveelheid gegewens wat saam hoort en as 'n logiese eenheid (entiteit) beskou word.
Gebruik:
• Morné Steyn hou die rekord vir die meeste punte in 'n toets teen die All Blacks.
• Die geologiese rekord verwys na lae rotsstrata wat gevorm het vanweë vulkaniese uitbarstings of neerslae van klei, sand ens.
• Die kliënt se rekord word bygewerk om sy nuwe e-posadres te reflekteer.
Hiponiem:
• datarekord
• fossielrekord
• hofrekord
• misdaadrekord
• wêreldrekord
Afgelei:
• rekordhouer
• rekordsnelheid
• rekordspoed
Vertaling:
Engels: record
Nederlands: record
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|