Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laai
laai [boodskap #128612] So., 08 Desember 2019 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kas met laaie.
'n Kas met laaie.
laai
Afbreking: laai


Selfstandige naamwoord: laai
Meervoud: laaie
Verkleinwoord: laaitjie
Meervoud van verkleining: laaitjies

Betekenis:
• 'n Plat, uitskuifbare bak wat as bergplek vir los voorwerpe dien.
• (verouderd) 'n Vlam.

Gebruik:
• Die krambinder is in die boonste laai.
• Die vragmotors in ligte laaie na die trompop botsing.

Vertaling:
Engels: drawer; flame
Nederlands: la, lade; laai


Werkwoord: laai
Verlede tyd: het gelaai
Teenwoordige deelwoord: laaiende
Verlede deelwoord: gelaaide

Betekenis:
• Om iets in 'n houer te pak.
• Om iemand met 'n taak te belas.
• Om met elektrisiteit te vul.

Gebruik:
• Hy laai die bagasie in die kattebak.
• Hulle laai al die verantwoordelikhede op my.
Laai jou selfoon voordat ons uitgaan.

Hiponiem:
• aflaai
• oplaai

Afgelei:
• laaibak
• laaibrug
• laaikapasiteit
• laaikas
• laaikraan
• laairuimte
• laaitempo
• laaivermoë

Vertaling:
Engels: to load; load; charge
Nederlands: laden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kyk
Volgende onderwerp: laerskool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 05:31:11 UTC 2025