Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laerskool
laerskool [boodskap #128613] So., 08 Desember 2019 12:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25494
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laerskool
Afbreking: laer•skool
Samestelling: laer + skool


Selfstandige naamwoord: laerskool
Meervoud: laerskole
Verkleinwoord: laerskooltjie
Meervoud van verkleining: laerskooltjies

Betekenis:
• Skool wat onderrig aan jong kinders op primêre vlak aanbied (tipies graad 1 tot 7, of graad 1 tot standerd 5).

Gebruik:
• Ek gaan volgende jaar laerskool toe.
• Ná graad 7 (St. 5) by 'n laerskool moet die kind by 'n hoërskool ingeskryf word om sy skoolloopbaan voort te sit.

Antoniem:
• hoërskool

Afgelei:
• laerskooldae
• laerskooljare
• laerskoolkind
• laerskoolleerling

Vertaling:
Engels: primary school
Nederlands: basisschool

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: laai
Volgende onderwerp: laf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jun. 15 19:08:45 UTC 2026