Tuis » Taal » Woordeboek » heer
heer [boodskap #128200] |
Sat, 02 November 2019 18:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heer
Afbreking: heer
Selfstandige naamwoord: heer
Meervoud: here
Verkleinwoord: heertjie
Meervoud van verkleining: heertjies
Betekenis:
• 'n Welgemanierd man, of 'n man van stand en aansien.
• Aanspreekvorm vir 'n man in 'n formele opset.
• Heerser; baas; iemand wat oor ander aangestel is.
• (verouderd) 'n Leër of krygsmag (vergelyk heerleër, heerskare).
Gebruik:
• 'n Ware heer maak altyd die deur vir dames oop.
• Daar is aparte toilette vir dames en here. Geagte dames en here, ons heet u hartlik welkom.
• Lyfeienes en hul gesinne het met lyf en lewe aan 'n heer behoort en was aan sy regspraak onderworpe.
Spreekwoord:
• Heer en meester wees. [In alle opsigte baas wees.]
• Liewer klein heer as groot kneg. [Liewer op klein skaal baas as ryk en 'n ondergeskikte.]
Antoniem:
• dame
Vertaling:
Engels: gentleman; sir, master, lord
Nederlands: heer
Nota:
• Heer met 'n hoofletter is ook 'n wisselvorm vir Here, 'n verwysing na Jesus Christus.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:37:45 UTC 2025
|