| gevaar [boodskap #128071] |
So., 20 Oktober 2019 08:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gevaar
Afbreking: ge•vaar
Selfstandige naamwoord: gevaar
Meervoud: gevare
Verkleinwoord: gevaartjie
Meervoud van verkleining: gevaartjies
Betekenis:
• Iets wat sleg kan wees en skade kan aanrig.
Gebruik:
• Die gevaar is dat ons dan 10km moet omry.
Sinoniem:
• bedreiging
• nood
• ongeluk
• onheil
Antoniem:
• veiligheid
Hiponiem:
• brandgevaar
• doodsgevaar
• oorlogsgevaar
Afgelei:
• gevaarbron
• gevaargebied
• gevaarlig
• gevaarlik
• gevaarloos
• gevaarpunt
• gevaarsein
• gevaarsinjaal
• gevaarte
• gevaarteken
• gevaartoelae
Vertaling:
Engels: danger, peril, risk
Nederlands: gevaar
Xhosa: ingozi 9
Werkwoord: vaar
Verlede tyd: het gevaar
Betekenis:
• Verlede deelwoord van vaar. Op 'n boot op water beweeg het.
Gebruik:
• Hulle het op die rivier gevaar.
Vertaling:
Engels: sailed
Nederlands: gevaren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|