Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geur
geur [boodskap #128070] So., 20 Oktober 2019 08:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26246
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
geur
Afbreking: geur
Uitspraak: /χɪør/


Selfstandige naamwoord: geur
Meervoud: geure
Verkleinwoord: geurtjie
Meervoud van verkleining: geurtjies

Betekenis:
• Iets wat met die neus waargeneem kan word. 'n Gewaarwording van reuk, aroma of stank.

Gebruik:
• Hy kom op die geur af en vra onskuldig: "Is daar koffie?".
• Die geure uit die kombuis laat my mond water.
• Gooi die vleis weg, dit het al 'n (onaangename) geurtjie.

Sinoniem:
• aroma

Afgelei:
• geurig
• geurloos

Vertaling:
Engels: smell, aroma, odour, fragrance, scent, perfume
Nederlands: geur


Werkwoord: geur
Verlede tyd: het gegeur
Teenwoordige deelwoord: geurend, geurende
Verlede deelwoord: gegeurde

Betekenis:
• Om 'n aangename smaak of reuk/aroma te gee.

Gebruik:
• Sy geur die vleis met marinade.

Vertaling:
Engels: to flavour
Nederlands: geuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: getrou
Volgende onderwerp: gevaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Aug. 24 21:12:06 UTC 2026