| dors [boodskap #127911] |
Vr., 04 Oktober 2019 19:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24146 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Lafenis vir 'n dors vrou.
dors
Afbreking: dors
Byvoeglike naamwoord: dors
Vergrotende trap: dorser
Oortreffende trap: dorsste
Attributief: dors
Intensief: dooddors, sponsdors
Betekenis:
• Die behoefte aan water of vloeistof.
Gebruik:
• Die dors man het om water gesmeek.
Vertaling:
Engels: thirsty
Nederlands: dorst
Werkwoord: dors
Verlede tyd: het gedors
Teenwoordige deelwoord: dorsend, dorsende
Verlede deelwoord: gedorste
Betekenis:
• 'n Sterk behoefte aan iets; smag na.
• Pitte van 'n plant soos koring verwyder; sade uitslaan of uittrap.
Gebruik:
• Hy dors na kennis.
• Die koringlande moet gedors word.
Afgelei:
• dorsland
• dorsmasjien
• dorstyd
• dorsvloer
Vertaling:
Engels: to thirst; to thresh
Nederlands: dorsten; dorsen
Selfstandige naamwoord: dors
Meervoud: –
Betekenis:
• Die behoefte om iets te drink; die keel nat te maak.
Gebruik:
• Die reisiger is in die woestyn deur die dors oorval.
Vertaling:
Engels: thirst
Nederlands: dorst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|