Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teël
teël [boodskap #127912] Sa., 05 Oktober 2019 05:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26357
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Teëls, gereed vir aflewering.
Teëls, gereed vir aflewering.
teël
Afbreking: te•ël


Selfstandige naamwoord: teël
Meervoud: teëls
Verkleinwoord: teëltjie
Meervoud van verkleining: teëltjies

Betekenis:
• 'n Plat, meestal reghoekige voorwerp van klei waarmee oppervlaktes bedek of versier word.

Gebruik:
• Die teëler het die gebreekte teël op die vloer vervang.
• Om teëls te laat blink, gooi paraffien by die water waarmee hulle gewas word.

Afgelei:
• teëlbedekking
• teëldak
• teëler
• teëlvloer
• teëlwerk

Vertaling:
Engels: tile
Nederlands: tegel


Werkwoord: teël
Verlede tyd: het geteël
Verlede deelwoord: geteëlde

Betekenis:
• Om 'n vloer of muur met teëls te oordek.

Gebruik:
• Die bouer teël die badkamer.

Vertaling:
Engels: to tile
Nederlands: tegelen

Nota:
• Moenie "teël" met "teel" (sonder 'n deelteken) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dors
Volgende onderwerp: teel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Sep. 06 03:56:57 UTC 2026