Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwaai
kwaai [boodskap #127459] Di., 13 Augustus 2019 07:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24305
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwaai
Afbreking: kwaai


Byvoeglike naamwoord: kwaai
Vergrotende trap: kwaaier
Oortreffende trap: kwaaiste
Attributief: kwaai

Betekenis:
• Streng en baie ernstig oor iets; aggressief.
• Sleg gehumeurd en geneig tot verergdheid; boosaardig.
• (sleng) Koel; voortreflik; fantasties.

Gebruik:
• Sy het vir hom 'n kwaai brief geskryf.
• Die kwaai oom het met ons geraas.
• Dit is 'n kwaai fiets.

Sinoniem:
• aggressief
• boos
• grimmig
• hitsig
• humeurig
• knorrig
• opvlieënd
• sleggehumeurd
• streng

Antoniem:
• vriendelik

Afgelei:
• kwaaierig
• kwaaigheid
• kwaaikop
• kwaaivriende

Vertaling:
Engels: angry, cross, vexed; bad-tempered; cool, excellent
Nederlands: kwade

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bitter
Volgende onderwerp: verbete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jan. 15 03:03:45 UTC 2026