Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besig
besig [boodskap #127003] Wo., 10 Julie 2019 13:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besig
Afbreking: be•sig
Uitspraak: /ˈbɪə.səχ/




Byvoeglike naamwoord: besig
Vergrotende trap: besiger
Oortreffende trap: besigste
Attributief: besige
Intensief: druk besig

Betekenis:
• Aan die werk; bedrywig; vlytig.
• Met baie wat gebeur of gedoen moet word; druk.
• Nie vry nie; beset.

Gebruik:
• Hy is besig om die motor te was.
• Dis 'n besige dag.
• Die opsigter is besig en sal jou nie nou kan sien nie.

Antoniem:
• ledig
• rustig
• stil

Vertaling:
Engels: busy, occupied
Nederlands: bezig


Werkwoord: besig
Verlede tyd: het gebesig

Betekenis:
• (deftig) Gebruik maak van iets; aanwend.

Gebruik:
• Woorde is besig wat nie gebesig moes gewees het nie.

Vertaling:
Engels: to use, employ
Nederlands: bezig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: graag
Volgende onderwerp: niemand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 15 05:59:29 UTC 2025