Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » niemand
niemand [boodskap #127004] Wo., 10 Julie 2019 13:59
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26119
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
niemand
Afbreking: nie•mand




Onbepaalde voornaamwoord: niemand

Betekenis:
• Geen mens nie; nie 'n enkele persoon nie.

Gebruik:
Niemand is in die voorval beseer nie.
• As niemand jou bemin nie; as niemand jou ooit raak nie, kan niemand trou versin nie - kan niemand jou versaak nie. [Skielik is jy vry, Koos du Plessis]

Spreekwoord:
Niemand 'n strooi(tjie) in die pad lê nie. [Niemand kwaad doen of hinder nie.]
• Armoede met ere, kan niemand dere. [As jy eerbaar is, is geldgebrek nie belangrik nie.]
• Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie. [Sonder inspanning bereik 'n mens niks.]
• Hy dink hy is iemand, almal weet hy is niemand. [Hy dink hy is belangrik, maar is glad nie.]
Niemand kan twee here dien nie. [Nie aan twee dinge tegelyk aandag wy of twee partye aanhang nie.]
Niemand so blind as wie nie wil sien nie. [Iemand wat nie oortuig kan word nie, al weet hy hy is verkeerd.]

Antoniem:
• iemand

Vertaling:
Engels: nobody, no one, none
Nederlands: niemand

Nota:
• As 'n mens "niemand" gebruik, moet daar altyd 'n "nie" later in die sin kom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 12 Augustus 2026 19:35]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: besig
Volgende onderwerp: juis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Aug. 14 13:44:56 UTC 2026