| polimeer [boodskap #126824] |
So., 30 Junie 2019 18:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Polistireen is 'n polimeer van stireen, sy monomeer.
polimeer
Afbreking: po•li•meer
Selfstandige naamwoord: polimeer
Meervoud: polimere
Verkleinwoord: polimeertjie
Meervoud van verkleining: polimeertjies
Betekenis:
• (chemie) Chemiese stof met groot molekules, wat uit herhaalde kleiner eenhede (die monomere) opgebou is.
Gebruik:
• PVC is die afkorting vir polivinielchloried wat 'n tipe polimeer is.
Afgelei:
• polimerisasie
Verwant:
• monomeer
• dimeer
• trimeer
Vertaling:
Engels: polymer
Nederlands: polymeer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|