Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » manlik
manlik [boodskap #126763] Wo, 26 Junie 2019 06:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19412
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
manlik
Afbreking: man•lik
Uitspraak: /ˈmɑnlək/




Byvoeglike naamwoord: manlik
Vergrotende trap: manliker
Oortreffende trap: manlikste
Attributief: manlike

Betekenis:
• (biologie) Behorende tot die geslag wat vir bevrugting verantwoordelik is.
• (grammatika) Behorende tot 'n verbuigingsgroep wat nóg vroulik nóg onsydig is.
• (sosiologie) Met gedrag soos van manne verwag word; kenmerkend vir 'n man; soos dit stereotipies 'n man betaam.

Gebruik:
• 'n Manlike blom beskik oor meeldrade.
• Die manlike vorm van "aktrise" is "akteur". Kêrel, hond en eik is manlike woorde in Nederlands.
• Om manlik te wees moet jy nie net 'n ware heer wees nie, maar ook flink, fluks, moedig en dapper.

Antoniem:
• vroulik
• onmanlik

Vertaling:
Engels: masculine
Nederlands: mannelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tong
Volgende onderwerp: vroulik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 13:10:53 MGT 2024