Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bed
bed [boodskap #126750] Ma, 24 Junie 2019 18:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19412
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bed in 'n slaapkamer.
'n Bed in 'n slaapkamer.
bed
Afbreking: bed
Uitspraak: /bɛt/




Selfstandige naamwoord: bed
Meervoud: beddens (bedde)
Verkleinwoord: bedjie
Meervoud van verkleining: bedjies

Betekenis:
• Meubelstuk waarop 'n mens slaap, tipies 'n staanstuk met 'n matras en beddegoed (soos kussings, lakens en dekens).

Gebruik:
• Ek maak elke oggend my eie bed op.

Spreekwoord:
• Geen bed van rose nie. [Dis moeilik.]
• Hy is uit die bed voor die hane kraai. [Baie vroeg.]
• Met bed en beddegoed by die huis uitjaag. [Met alles wat hy besit.]
• Met spot gaan jy na bed. [Dit waarmee jy spot, kan jou dalk tref.]
• Met die verkeerde been uit die bed klim. [Vroeg in die oggend al nukkerig wees.]
• Soos jy jou bed maak, so sal jy daarop slaap. [n Mens dra die gevolge van jou dade.]
• Vroeg uit die bed maak die beursie vet. [Wie vroeg opstaan, sal ryk of voorspoedig wees.]

Hiponiem:
• dubbelbed
• enkelbed
• hemelbed
• hospitaalbed

Afgelei:
• beddegoed
• bedkussing
• bedlêend

Verwant:
• kussing
• laken
• deken
• matras

Vertaling:
Engels: bed
Nederlands: bed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedig
Volgende onderwerp: mot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 07:24:43 MGT 2024