| xenofobie [boodskap #126663] |
So., 16 Junie 2019 18:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25751 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
xenofobie
Afbreking: xeno•fo•bie
Selfstandige naamwoord: xenofobie
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Oordrewe vrees of haat vir alles of almal wat vreemd of buitelands is.
Gebruik:
• Xenofobie lei dikwels tot diskriminasie en geweld teen buitelanders.
Sinoniem:
• vreemdelingehaat
Antoniem:
• xenofilie
• xenomanie
Afgelei:
• xenofobies (b.nw.)
• xenofoob
Vertaling:
Engels: xenophobia
Nederlands: xenofobie
Nota:
• Van die Griekse: 'kseenos/ξενος', wat vreemdeling beteken; en 'fobos/φοβος' wat angs en vrees beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|