Betekenis:
• (soogdier) 'n Jong vark; die kleintjie van 'n varksog.
• (vis) 'n Vis wat van Valsbaai tot Mosambiek aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom, Pomadasys olivaceus.
Gebruik:
• Die sog het geboorte gegee aan 'n werpsel van agt varkies.
• Die varkie is 'n silwer-pienk vis, ongeveer 15 cm lank, wat skole in vlakwater vorm.
Spreekwoord:
• Sy bont varkie is weg. [Hy is effens mal.]