Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Kindergebed
Kindergebed [boodskap #125574] Sa, 04 Mei 2019 11:40 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Klein dogtertjie bid een aand...
Sy bid: "Jesus dankie vir die kos amen."
Haar ma sê: "Maar wat van jou pappa en mamma?"
Sy Bid: "Jesus, dankie vir die kos en pappa en mamma amen.'
Haar ma sê: "Maar wat van boetie en sussie?"
Sy bid: "Jesus, dankie vir die kos en vir pappa en mamma en vir boetie en sussie, amen."
Haar ma sê: "En wat van jou klere?
Sy bid: "Liewe Jesus hou net aan, my ma wil ook met jou praat!"
Re: Kindergebed [boodskap #125575 is 'n antwoord op boodskap #125574] Sa, 04 Mei 2019 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die klein dogtertjie is stout agter in die kar oppad huistoe van die skool af.
Haar ma gee haar 'n vet hou en sê:
"Nou sit jy stil en ek wil nie weer ‘n woord verder van jou hoor nie."
Na 'n lang ruk vra die dogtertjie of sy iets kan sê?
Haar ma sê: "Jy't mos gehoor wat ek nou net gesê het, maar wat is dit?"
Dogtertjie sê: "Ek wil net vir ma sê. vanaand sal Liewe Jesus hiervan hoor!"
Re: Kindergebed [boodskap #126507 is 'n antwoord op boodskap #125575] Sa, 08 Junie 2019 20:18 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die seuntjie is beveel om voor ete te bid toe die bure kom kuier.
Seun: "Maar pa, ek kan nie bid nie."
Pa: "Bid vir jou familie, vriende, bure en die armes." Die seun begin:
"Liewe Jesus, dankie vir ons besoekers en hul kinders wat al my koekies en roomys opgeëet het. Seën
hulle sodat hulle nie weer kan kom nie. Vergewe ons bure se seun wat altyd my suster se klere verwyder
en met haar op die bed stoei. Stuur asseblief klere die Kersfees vir al die arme kaal vroue op my pa se
rekenaar. En gee asseblief huise vir die hawelose manne wat mamma se kamer besoek wanneer pappa by
die werk is. Amen.
"
Vorige onderwerp: Gatiep en die gereg
Volgende onderwerp: Die dag toe Solitude soos Sandy Bay gelyk het
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 07:27:40 MGT 2024