Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
iets
Afbreking: iets
Uitspraak: /its/
Onbepaalde voornaamwoord: iets
Betekenis:
• Een of ander ding, maar nie 'n spesifieke ding nie.
Gebruik:
• Kan daar iets goeds van kom?
• Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel.
Spreekwoord:
• Daar sit iets agter. [Daar is onbekende redes.]
• Daar is iets nie pluis nie. [Daar is iets verkeerd.]
• Hy voer iets in die skild. [Hy het geheime planne.]
• Dit bring hom iets in die sak. [Hy trek voordeel daaruit.]
• Dis nie iets om oor te lag nie. [Dis 'n ernstige saak.]