Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » steun
steun [boodskap #126325] Sa., 01 Junie 2019 10:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25755
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
steun
Afbreking: steun




Selfstandige naamwoord: steun
Meervoud: steune

Betekenis:
• 'n Kerm of klaaggeluid.
• Iets waarop iemand of iets rus; 'n stut.
• Morele of materiële hulp.

Gebruik:
• Die ou man staan met 'n steun uit sy rystoel op.
• Sy gebruik sy kierie as steun as hy stap.
• Werkloses kry dikwels steun van die staat.

Afgelei:
• steunpilaar
• steunweefsel

Vertaling:
Engels: support, aid, assistance, help
Nederlands: steun


Werkwoord: steun
Verlede tyd: het gesteun
Teenwoordige deelwoord: steunend, steunende
Verlede deelwoord: gesteunde

Betekenis:
• Om te ondersteun; hulp verleen.
• Om te rus of te leun; teen iets druk.
• Om  'n kreunende geluid van vermoeidheid of pyn te maak.

Gebruik:
• Die Amerikaners steun die Britte al voor hulle by die aanval op Pearl Harbor betrokke geraak het.
• Sy steun op die resultate van 'n vroeëre ondersoek.
• "Maar... ek kan nie...", steun hy.

Vertaling:
Engels: to groan, support, rest, depend
Nederlands: steunen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beleid
Volgende onderwerp: betekenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jul. 09 20:34:38 UTC 2026