Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » benoem
benoem [boodskap #126272] Wed, 29 May 2019 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
benoem
Afbreking: be•noem




Werkwoord: benoem
Verlede tyd: het benoem

Betekenis:
• Om iemand vir 'n bepaalde amp voor te stel of aan te wys.
• Om iets 'n naam te gee.

Gebruik:
• Hy is tot goewerneur benoem.
• Die nuwe spesie is nog nie benoem nie.

Sinoniem:
• aanstel
• aanwys
• nomineer
• verkies
• benaam

Hiponiem:
• herbenoem

Afgelei:
• benoembaar
• benoeming

Vertaling:
Engels: to name, nominate, appoint
Nederlands: benoemen


Byvoeglike naamwoord: benoem, benoemd
Attributief: benoemde

Betekenis:
• Voltooide deelwoord van benoem. Wat 'n naam gegee is, of vir iets aangewys is.

Gebruik:
• Sy is 'n Oscar-benoemde akteur.

Antoniem:
• onbenoemd

Vertaling:
Engels: nominated
Nederlands: benoemd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teenstelling
Volgende onderwerp: genoeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 23:38:59 UTC 2025