Betekenis:
• (anatomie) Die fisiese gestalte van 'n mens of dier, insluitende die kop, romp/lyf en ledemate.
• 'n Instansie soos 'n vereniging, organisasie of genootskap.
• 'n Hoeveelheid materie met 'n bepaalde vorm en funksie.
Gebruik:
• Die liggaam is soveel meer as net 'n sak vleis met bene.
• Die Padongelukkefonds is 'n statutêre liggaam wat mense vir skade deur motorongelukke vergoed.
• Swaartekrag veroorsaak die afwaartse krag wat alle liggame op aarde ondervind.
Spreekwoord:
• Hy hou siel en liggaam bymekaar. [Net genoeg hê om van te lewe.]
• 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees. [Fisieke gesondheid dra by tot 'n veerkragtige gees.]