Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vertel
Afbreking: ver•tel
Werkwoord: vertel
Verlede tyd: het vertel
Teenwoordige deelwoord: vertellende
Betekenis:
• Die oordra van 'n ware of fiktiewe storie; in verhaaltrant meedeel.
Gebruik:
• Ouma vertel vir ons 'n storie.
• Die liedjie "Stille Nag" vertel die ou verhaal.
Spreekwoord:
• Iemand goed die waarheid vertel. [Iemand berispe.]
• Iemand kaalkop die waarheid vertel. [Sonder skroom reguit berispe.]
• Iemand onbewimpeld die waarheid vertel. [Iemand reguit sê wat jy van hom dink.]
• Iemand padlangs die waarheid vertel. [Iemand reguit sê hoe sake staan.]
Afgelei:
• verteller
• vertelling
Vertaling:
Engels: to tell, narrate
Nederlands: vertellen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.