Betekenis:
• Iemand styf met die arms vashou; omhels.
• Die krag wat oor 'n oppervlakte uitgeoefen word; drukking.
• Handeling van boeke druk; 'n oplaag.
• Tipe letters wat tydens die drukproses gebruik word.
• Spanning; kommer; las.
Gebruik:
• Die dogtertjie gee vir haar boetie 'n stewige druk.
• Die kernreaktor kan ontplof as ons nie die druk onder beheer bring nie.
• Die boek is in sy derde druk.
• Verander asseblief die druk vir die lyn na kursief.
• Ons verkeer onder druk om die aansoeke betyds te verwerk.
Betekenis:
• Om 'n krag uit te oefen (soos wanneer mens iemand vashou of 'n drie druk).
• Om letters onder druk op papier aan te bring.
Gebruik:
• Jy moet die knoppie harder druk.
• Hulle het meer as 10 miljoen kopieë van die boek gedruk.
Spreekwoord:
• Hy druk almanakke. [Hy lieg baie.]
• Hoed oor die oë druk. [Skaam wees]
• 'n Drie in beseringstyd druk. [Op 'n hoërige ouderdom 'n baba verwag.]
• Hy weet waar die skoen hom druk. [Hy weet presies waar die moeilikheid is.]