Leksikograaf Boodskappe: 21085 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenoor
Afbreking: teen•oor
Voorsetsel: teenoor
Betekenis:
• Oorkant; aan die ander kant van.
• In vergelyking met.
• Vir.
Gebruik:
• Die bank is teenoor die slaghuis.
• Jy dink jy het probleme, maar dis min teenoor myne.
• Hy het niks van sy planne teenoor haar genoem nie.
Spreekwoord:
• Die een arend brom nie teenoor 'n ander nie. [Twee persone wat ewe sterk is, het vir mekaar ontsag.]
Vertaling:
Engels: opposite, against, in contrast with, versus; to
Nederlands: tegenover
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.