Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kind
kind [boodskap #126053] Di., 21 Mei 2019 06:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26612
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Kinders wat in die water speel.
Kinders wat in die water speel.
kind
Afbreking: kind
Uitspraak: /kənt/




Selfstandige naamwoord: kind
Meervoud: kinders
Verkleinwoord: kindjie
Meervoud van verkleining: kindjies

Betekenis:
• Die afstammeling van menslike ouers.
• 'n Jong, onervare menslike wese; seun of dogter in die algemeen.

Gebruik:
• Ek het jou lief want jy is my kind.
• Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is vir mense soos hulle.

Spreekwoord:
• Hy het kind nog kraai. [Geen bloedverwante hê nie.]
• Die kind met die badwater uitgooi. [Die goeie saam met die slegte verloor.]
• Met 'n kind en 'n steeks perd moet jy nooit spog nie. [Kinders en perde is onvoorspelbaar.]
• Uit die mond van die kind, sal jy die waarheid hoor. ['n Kind sê wat hy dink en steek niks weg nie.]
• Wie die roede spaar, bederf die kind. [Om 'n kind behoorlik groot te maak, moet hy gestraf word as hy dit verdien.]
• Die kind se naam is Wit Willem. ['n Saak is afgehandel en daar kan niks meer aan gedoen word nie (hy is nou klaar met dié naam gedoop).]

Hiponiem:
• gelukskindkind
• Sondagskind
• sonskynkind
• weeskind

Afgelei:
• kinderlik
• kinderagtig
• kindergeboorte
• kinds

Vertaling:
Engels: child, kid, infant
Nederlands: kind
Sotho: ngwana
Venda: ṅwana, mwana
Xhosa: umntwana
Zoeloe: ingane

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tradisionele
Volgende onderwerp: teenoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Sep. 25 13:40:14 UTC 2026