| uiteindelik [boodskap #125868] |
Do., 16 Mei 2019 07:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25479 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uiteindelik
Afbreking: uit•ein•de•lik
Bywoord: uiteindelik
Betekenis:
• Na 'n hele tyd; nadat lank gewag of gesukkel is.
Gebruik:
• Uiteindelik sal jy wel slaag.
Sinoniem:
• eindelik
Vertaling:
Engels: eventually
Nederlands: uiteindelijk
Byvoeglike naamwoord: uiteindelik
Attributief: uiteindelike
Betekenis:
• Aan die einde van 'n proses of tydperk; op die ou end; ten slotte; na alles.
Gebruik:
• Die uiteindelike doel is om water te bespaar.
Vertaling:
Engels: final, ultimate
Nederlands: uiteindelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|