Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » predikant
- predikant [boodskap #125851] Wo., 15 Mei 2019 18:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21457
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
predikant
Afbreking: pre•di•kant
Uitspraak: /pridəˈkɑnt/, /prirəˈkɑnt/




Selfstandige naamwoord: predikant
Meervoud: predikante
Verkleinwoord: predikantjie
Meervoud van verkleining: predikantjies

Betekenis:
• Iemand wie se werk dit is om in 'n kerk te preek en mense geestelik by te staan. 'n Geestelike wat 'n kerkdiens in 'n Protestantse kerk kan lei.

Gebruik:
• Die predikant kondig die gesang wat gesing gaan word aan en gaan sit.
• 'n Pastorie is die ampswoning van 'n predikant.

Sinoniem:
• dominee
• leraar
• prediker

Afkorting:
• ds.

Vertaling:
Engels: minister, pastor, clergyman, parson, vicar
Nederlands: predikant, dominee
Venda: mufunzi
Xhosa: umfundisi
Zoeloe: umfundisi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wel
Volgende onderwerp: oudste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Apr. 16 13:59:30 UTC 2025