Leksikograaf Boodskappe: 25621 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wel
Afbreking: wel
Bywoord: wel
Vergrotende trap: beter
Oortreffende trap: beste
Betekenis:
• Goed en gesond; soos dit behoort te wees.
• Inderdaad; regtig; weliswaar.
Gebruik:
• Gaan dit wel? Alles is wel, dankie.
• Sy het dit wel geweet, maar niks gesê nie.
Spreekwoord:
• Die beste perd struikel ook wel. [Elkeen kan 'n fout begaan.]
• 'n Ou bok lus ook wel 'n groen blaartjie. ['n Ouerige mens hou ook van iets lekkers.]
• Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. [Leuens kom altyd uit.]
Antoniem:
• onwel
Vertaling:
Engels: well; indeed, truly
Nederlands: wel
Werkwoord: wel
Verlede tyd: het gewel
Teenwoordige deelwoord: wellend, wellende
Betekenis:
• Om op te borrel of te ontspring.
Gebruik:
• Die emosie wel in my op.
• Die water het uit die fontein gewel.
Vertaling:
Engels: to well up
Nederlands: wellen
Tussenwerpsel: wel
Betekenis:
• 'n Uitroep van verwondering of verbasing.
Gebruik:
• Wel, wel, wat het ons hier!
• Wel, hoe lyk dit nou?
Vertaling:
Engels: well
Nederlands: wel
Selfstandige naamwoord: wel
Meervoud: welle
Betekenis:
• 'n Fontein of bron waar water uit die grond borrel.
• (figuurlik) Die voor- en teenspoed van die lewe.
Gebruik:
• Reisigers het by die wel gestop om water te drink.
• Vyfster handel oor die wel en wee van die gevangenes en tronkbewaarders.
Vertaling:
Engels: well, spring
Nederlands: wel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.