Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jong
jong [boodskap #125812] Di., 14 Mei 2019 06:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
jong
Afbreking: jong
Uitspraak: /joŋ/




Byvoeglike naamwoord: jonk
Vergrotende trap: jonger
Oortreffende trap: jonkste
Attributief: jong, jonge
Partitief: jonks

Betekenis:
• Attributief van jonk. Van geringe leeftyd, nie oud nie.

Gebruik:
• Daarom is 'n jong man so heethoofdig en eiesinnig, omdat hy so seker is van homself.

Spreekwoord:
Jong osse inspan. [Opgooi.]
• 'n Ou bok hou van jong blare. [Ou mans hou van jong meisies.]
• Plesier is nes 'n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer. [Plesier verloor sy aantreklikheid as 'n mens dit eers geniet.]

Antoniem:
• ou

Afgelei:
• jongeling
• jongman
• jongmens
• jongspan
• jongkêrel

Vertaling:
Engels: young
Nederlands: jonge


Selfstandige naamwoord: jong
Meervoud: jongens
Verkleinwoord: jongetjie
Meervoud van verkleining: jongetjies

Betekenis:
• 'n Jong man; 'n maat of manlike bediende.

Gebruik:
Jong, ons moet klaarmaak voordat dit donker is.
• Ek sal my jong stuur om jou tasse te kom haal.

Hiponiem:
• kwajong
• tuinjong

Vertaling:
Engels: comrade, male servant
Nederlands: jongen


Werkwoord: jong
Verlede tyd: het gejong

Betekenis:
• Om kleintjies te kry; 'n werpsel voortbring (veral van varke gesê).

Gebruik:
• Goeie voeding is belangrik sodat die sog gemaklik jong en die varkies 'n goeie geboortegewig het.

Vertaling:
Engels: to give birth
Nederlands: jongen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: enigste
Volgende onderwerp: dele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 13 19:48:40 UTC 2025